Original Research

Strome van lewende water: Nuwe-Testamentiese perspektiewe op die missionêre karakter van die kerk

Flip P.J. Buys
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 47, No 1 | a97 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v47i1.97 | © 2013 Flip P.J. Buys | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 12 July 2012 | Published: 03 May 2013

About the author(s)

Flip P.J. Buys, Department of Missiology, North-West University, South Africa

Abstract

Oor ’n wye front word besorgdheid uitgespreek oor die stagnering en kwynende getallegroei van hoofstroom-reformatoriese kerke in Suid-Afrika. Die besorgdheid word egter ook uitgespreek dat predikante en kerke in hulle ywer om kerklike vernuwing teweeg te bring, soveel kompromieë maak dat die kerk sy eie aard as heilge volk van God in die wêreld verloor. Daar is ’n internasionale tendens te bespeur by reformatoriese kerke, in Suid-Afrika, Noord Amerika, Australië, Nederland, Duitsland en die Verenige Koninkryk om die na-binne-gerigtheid van kerke om te draai om werklik missionêre kerke te kan wees. Daar is ook tekens van ’n groeiende ontwakende passie om die onbereikte taalgroepe tot by die uithoeke van die aarde te bereik met die evangelie. Daar is oor ’n wye front lewendige debatte aan die gang wat vra vir ’n herevaluering van oorgeërfde ekklesiologiese tradisies en gebruike en ’n herbesinning oor Bybelse beginsels. In die lig van hierdie ontwikkelings is die doel van hierdie artikel om Nuwe-Testamentiese beginsels op te som en te onderstreep en as boustene aan te bied om die profiel van ’n missionêre kerk te skets.

Grave concerns are expressed about the decline of mainline reformed churches in South Africa, especially the Reformed Churches in South Africa. At the same time fears are expressed that efforts to facilitate renewal in churches in order to become healthy and more effective missional churches, are making too many compromises with the gospel, so that the church is in danger of losing its very character as God’s holy people in the world. There is also an international phenomenon of reformed and evangelical type churches in North America, the Netherlands, Germany, the UK and Australia endeavouring to outgrow their ingrown vision and become part of God’s mission to reach unreached people groups in every corner of the world. There are lively debates on reviewing and rethinking inherited ecclesiological theological traditions and practices in churches. This article endeavours to gather basic building bricks by summarising and emphasising the most basic New Testament principles for outlining the profile of a missional church.


Keywords

Missionêre Kerk; Missionêre Ekklesiologie; Na binne gerigte kerk; Missionêre erediens

Metrics

Total abstract views: 4402
Total article views: 8635

 

Crossref Citations

1. Die missionale kerk in informele behuisingsgemeenskappe
Pieter Verster
In die Skriflig/In Luce Verbi  vol: 51  issue: 2  year: 2017  
doi: 10.4102/ids.v51i2.2212