Original Research

Die uitdaging van die ateïsme en antiteïsme: ’n Teologiese gesprek met Armando Pellencin oor sy boek Ateïsme: die saak teen God (1 & 2)

J.H. van Wyk
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 47, No 1 | a536 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v47i1.536 | © 2013 J.H. van Wyk | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 August 2012 | Published: 06 August 2013

About the author(s)

J.H. van Wyk, Unit for Reformed Theology, North-West University, South Africa

Abstract

In hierdie artikel beskryf die outeur hoedat hy onverwags in 2007 in ’n debat met die ateïs Armando Pellencin betrokke geraak het en hoedat dit uiteindelik gelei het tot die skryf van hierdie artikel oor ateïsme. Nadat hy in ’n kort intermezzo ’n oorsig oor die opkoms van ateïsme gebied het, lewer die outeur daarna ’n uiteensetting van die standpunte van Pellencin. In die volgende hoofdeel van die artikel argumenteer die outeur dat Pellencin – asook ander ateïste – nie afdoende en bevredigende antwoorde kan gee op die vyf fundamentele lewensvrae nie. Hierdie fundamentele lewensvrae is die volgende: Hoe verwerf ’n mens kennis (waarheid)?; Waar kom alles vandaan?; Waar gaan alles heen?; Wat is die sin van die lewe?; Hoe kan ’n mens tussen goed en kwaad onderskei? Die outeur konkludeer dat ateïsme, as geloofskeuse en lewens- en wêreldbeskouing faal vanweë die inherente tekortkomings wat aan die reduksionisiese benadering van naturalisme, rasionalisme, positivisme en sciëntisme verbonde is.

In this article the author describes how, in 2007, he got involved in an unexpected discourse with the atheist Armando Pellencin and how it eventually lead to the writing of this article on atheism. After a short intermezzo in which an overview of the rise of atheism is presented, the views of Pellencin are expounded. In the main part of the article the author argues that Pellencin and other atheists fail to supply decisive and satisfactory answers to the five fundamental questions in life. This fundamental questions are the following: How do we achieve knowledge (truth)?; Where does everything come from?; Where is everything going to?; What is the meaning of life?; How should we discern between good and evil? The author concludes that atheism, as a matter of faith, fails as a life and worldview, because of the deficiencies inherent in a reductionist approach such as naturalism, rationalism, positivism and scientism.


Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3645
Total article views: 9306


Crossref Citations

No related citations found.