Professor Jordaan het deur die jare ’n besondere belangstelling in en kennis van die Hebreërboek openbaar. Sy insigte oor hierdie unieke onderdeel van God se Woord was en is steeds ’n bron van inspirasie vir menige student en kollega se bestudering van Hebreërs. Dit is my voorreg om ’n bydrae tot hierdie huldigingsuitgawe te lewer deur dieper hierin te delf met dank aan professor Jordaan vir die aktualisering van die Hebreërboek in my lewe.
Daar word algemeen aanvaar dat die outeur van die Hebreërboek nie bekend is nie. Verskillende oorleweringstradisies bied nie ’n oplossing op die vraag oor wie die Hebreërboek geskryf het nie (Lane
Die doel van hierdie artikel is nie om ’n oplossing te probeer bied met betrekking tot die outeurskap van Hebreërs nie, maar eerder om aan te toon dat die Hebreërskrywer, met betrekking tot sy mensbeskouing en samelewingsteoretiese vertrekpunte, moontlik nie soos dit deur sommige aanvaar word (vgl. Brown
En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie … Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe. (1983-Afrikaanse Vertaling)
Die artikel fokus op die vraag: Wat was die mensbeskouing en samelewingsteoretiese vertrekpunte van die
Die invloed van Filo op die eerste-eeuse denke word wyd erken (vgl. Freeman
Die unieke kenmerke van ’n suiwer platoniese filosofie het ook op Filo van Aleksandrië ’n invloed uitgeoefen. ’n Suiwer platoniese filosofie bestaan in die kenmerkende dualisme tussen die fisiese wêreld en die ideë- (spirituele) wêreld (vgl. De Villiers
Volgens Ferguson (
Guthrie (
Filo het die ganse skepping vanuit ’n platonies-dualistiese vertrekpunt probeer verklaar. Volgens Runia (
Vir Filo is geloof die wyse waarop mense tot kennis van God kan kom (Williamson
Alhoewel die hoofstroom van Gnostisisme eers gedurende die tweede eeu n.C. herkenbaar geword het (De Villiers
Die Gnostiese biblioteek met apokriewe evangelies en ander dokumente wat in 1945-1946 te Nag-Hammadi in Egipte ontdek is, toon die Gnostiese uitleg van die evangelie wat deur sekere (eerste- en tweede-eeuse) sektes aangehang is. Connick (
Die hoofkenmerk van die Gnostisisme was die aanvaarding van ’n radikale dualisme tussen die sigbare en die onsigbare wêreld. Gees en materie, lig en donker, goed en sleg is skerp gekontrasteer. Die uiteindelike realiteit (God) is bokant die aarde en onsigbaar vir die menslike wêreld.
Die skepping van die wêreld is dikwels nie aan God toegeskryf nie, aangesien gees en materie onversoenbaar is. Die wêreld is die skepping van engele of selfs van ’n slegte God (
Die mens het sy oorsprong aan God te danke, maar die onsterflike gees is vasgevang binne ’n materiële wêreld.
Deur middel van verborge of geheime kennis en toepaslike aanbidding kan die mens se gees bevry word van materie en opvaar na die koninkryk van die lig.
Die verborge kennis raak alleen kenbaar by wyse van ’n bonatuurlike openbaring. (p. 14)
Teen die agtergrond van bogenoemde bespreking van die Grieks-Hellenistiese denkstrome, word die volgende vraag vervolgens aan die orde gestel: Wat is die openbaringshistoriese korrektief wat die Hebreërskrywer op die Grieks-Hellenistiese denke aan die eerste lesers van die Hebreërboek binne hulle bepaalde samelewingsomstandighede bied?
Die fokus van hierdie artikel is Hebreërs 10:38–39 en dit word weergegee in
Die regverdige sal uit die geloof lewe.
Hebreërs | Vers |
---|---|
Hebreërs 10:38 | ὁ δὲ δίκαιός μου ἐκ πίστεως ζήσεται … (En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe …) |
Hebreërs 10:39 | … πίστεως εἰς περιποίησιν ψυχῆς. (… ons glo en ons sal lewe.) |
Die verband tussen geloof, regverdiging en lewe word ook elders in die Bybel vermeld. Anders gestel: Die raamwerk waarbinne diegene lewe wat glo, is die regverdiging deur God (vgl. Coetzee
Die volgende Skrifgedeeltes bring die verband tussen geloof en regverdigmaking openbaringshistories na vore (die Afrikaanse weergawe van die Griekse teks word deurgaans deur die 1933/1953-Afrikaanse Vertaling van die Bybel weergegee. Dit bied ’n meer direkte vertaling van die teks en word uiteengesit in
Deur die geloof word die gelowige geregverdig.
Teksverwysing | Griekse teks | 1933/1953-Afrikaanse Vertaling |
---|---|---|
Johannes 3:16 | οὕτως γὰρ ἠγάπησεν ὁ θεὸς τὸν κόσμον, ὥστε τὸν υἱὸν τὸν μονογενῆ ἔδωκεν ἵνα πᾶς ὁ πιστεύων εἰς αὐτὸν μὴ ἀπόληται ἀλλʼ ἔχῃ ζωὴν αἰώνιον. | Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. |
Johannes 20:31 | ταῦτα δὲ γέγραπται ἵνα πιστεύ[ς]ητε ὅτι Ἰησοῦς ἐστιν ὁ χριστὸς ὁ υἱὸς τοῦ θεοῦ, καὶ ἵνα πιστεύοντες ζωὴν ἔχητε ἐν τῷ ὀνόματι αὐτοῦ. | [ |
Handelinge 13:39 | ἐν τούτῳ πᾶς ὁ πιστεύων δικαιοῦται. | … en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. |
Romeine 4:20, 22, 24 | 20εἰς δὲ τὴν ἐπαγγελῒαν τοῦ θεοῦ οὐ διεκρίθη τῇ ἀπιστίᾳ ἀλλʼ ἐνεδυναμώθη τῇ πίστει, δοὺς δόξαν τῷ θεῷ… 22 διὸ [καὶ] ἐλογίσθη αὐτῷ εἰς δικαιοσύνην. 24 … ἀλλὰ καὶ διʼ ἡμᾶς, οἷς μέλλει λογίζεσθαι, τοῖς πιστεύουσιν ἐπὶ τὸν ἐγείραντα Ἰησοῦν τὸν κύριον ἡμῶν ἐκ νεκρῶν … | 20En hy het aan die belofte van God nie deur ongeloof getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee … 22Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken. 24[ |
Galasiërs 2:16 | εἰδότες [δὲ] ὅτι οὐ δικαιοῦται ἄνθρωπος ἐξ ἔργων νόμου ἐὰν μὴ διὰ πίστεως Ἰησοῦ Χριστοῦ, καὶ ἡμεῖς εἰς Χριστὸν Ἰησοῦν ἐπιστεύσαμεν, ἵνα δικαιωθῶμεν ἐκ πίστεως Χριστοῦ καὶ οὐκ ἐξ ἔργων νόμου, ὅτι ἐξ ἔργων νόμου οὐ δικαιωθήσεται πᾶσα σάρξ. | [ |
Galasiërs 3:11 | ὅτι δὲ ἐν νόμῳ οὐδεὶς δικαιοῦται παρὰ τῷ θεῷ δῆλον, ὅτι ὁ δίκαιος ἐκ πίστεως ζήσεται• | En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. |
Uit bostaande tekste blyk dat Lukas en Paulus die (ewige) lewe waarna Johannes verwys as regverdigmaking of vryspraak definieer.
Die versekering in bostaande Skrifgedeeltes is die hernude bevestiging van Jesus se eie woorde toe Hy in Johannes 3:16 aan Nikodemus gesê het: ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’ (1933/1953- Afrikaanse Vertaling) Hierdie woorde, asook die woorde van Johannes 20:31, koppel geloof direk aan die (vir die menslike oog) onsienbare ewigheid. Die regverdiging van die mens en geloof gaan dus hand aan hand. Op geen ander wyse as deur die geloof nie, kan die gelowige die (tot dusver onsienbare) ewigheid betree. Galasiërs 2:16 beaam dit:
En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.
(Vgl. ook Hand 13:39 en Rom 4:22–24.) Galasiërs 3:11 vat dit saam: ‘… dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik …’. (Sien
Die regverdige sal deur die geloof lewe.
Teksverwysing | Griekse teks | 1933/1953-Afrikaanse Vertaling |
---|---|---|
Habakuk 2:4 (Septuaginta) | Ὲὰν ὑποστείληται, οὐκ εὐδοκεῖ ἡ ψυχή μου ἐν αὐτῳ. δὲ δίκαιος ἐκ πίστεως ξήσεται. | Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. |
Romeine 1:17 | δικαιοσύνη γὰρ θεοῦ ἐν αὐτῷ ἀποκαλύπτεται ἐκ πίστεως εἰς πίστιν, καθὼς γέγραπται• ὁ δὲ δίκαιος ἐκ πίστεως ζήσεται. | Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. |
2 Korintiërs 2:15–16 | 15 ὅτι Χριστοῦ εὐωδία ἐσμὲν τῷ θεῷ ἐν τοῖς σῳζομένοις καὶ ἐν τοῖς ἀπολλυμένοις, 16 οἷς μὲν ὀσμὴ ἐκ θανάτου εἰς θάνατον, οἷς δὲ ὀσμὴ ἐκ ζωῆς εἰς ζωήν. | 15Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; 16vir die laaste ’n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ’n reuk van die lewe tot die lewe. |
Galasiërs 3:11b | … ὅτι ὁ δίκαιος ἐκ πίστεως ζήσεται• | […] want die regverdige sal uit die geloof lewe. |
1 Johannes 5:13 | Ταῦτα ἔγραψα ὑμῖν ἵνα εἰδῆτε ὅτι ζωὴν ἔχετε αἰώνιον, τοῖς πιστεύουσιν εἰς τὸ ὄνομα τοῦ υἱοῦ τοῦ θεοῦ. | Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. |
Judas 1:20 | Ὑμεῖς δέ, ἀγαπητοί, ἐποικοδομοῦντες ἑαυτοὺς τῇ ἁγιωτάτῃ ὑμῶν πίστει, ἐν πνεύματι ἁγίῳ προσευχόμενοι … | Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou deur jul allerheiligste geloof en in die Gees bid. |
Romeine 1:17b, as ’n aanhaling van Habakuk 2:4, lig dit uit dat geloof die grondslag van die lewe sowel as van die redding vorm. Die konteks van die uitspraak in Habakuk 2:4 is die bedreiging deur die Galdeërs (Babiloniërs). Jerusalem kyk angsbevange toe hoedat hierdie nasie van krag tot krag gaan. Habakuk worstel met die vraag waarom God dit toelaat dat ’n goddelose nasie soveel voorspoed geniet en terselfdertyd as die instrument aangedui word waarmee God sy volk vir hulle sonde straf (vgl. Hab 1:6). Op die uitkyktoring ontvang Habakuk die verrassende antwoord van die Here. Met verwysing na die sondaars, sê God: ‘Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.’
Die gedagte in hierdie antwoord is dat die regverdige nie leef by wat sy oë sien nie (ellende, bedreiging, verdrukking), maar wel by wat hy op grond van God se woord en belofte hoop en glo. Te midde van die bedreiging wat voor oë is, kan die gelowige gerus wees in die geloofswete dat God altyd oor hulle lewe beskik (vgl. Hill & Walton
In Romeine 1:17 en Galasiërs 3:11b eggo bogenoemde woorde van Habakuk 2:4. Alhoewel die konteks waarbinne hierdie woorde in Romeine en Galasiërs geuiter word dieselfde wesenskenmerke verteenwoordig as in die geval van Habakuk (ellende, bedreiging, verdrukking), is die bedreiging wesenlik anders. Nou nie meer ’n fisiese bedreiging (die Galdeërs) nie, maar ’n geestelike bedreiging (die sonde); nie meer die hunkering na ’n tydelike uitkoms nie, maar na een van ewige aard (die verlossing deur Christus). Dit is daarom te verstane dat die Nuwe Vertaling van die Bybel lees: ‘… want hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe’. Die lewe in hierdie sin het ewigheidsbetekenis. Dit impliseer dat diegene wat vanweë die geloof vrygespreek is, juis deur middel van die geloof lewe vanuit ’n wete wat die aardse en die tydelike te bowe gaan. Judas rig dus die aanmoediging tot gelowiges (Jud 1:20): ‘Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof’ (1983-Afrikaanse Vertaling). In dieselfde asem wys Judas dat sy aanmoediging nie hierdie bedeling in die oog het nie, maar dit wat hierna sal gebeur (Jud 1:21b): ‘Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal skenk’ (1983-Afrikaanse Vertaling). Hierdie ewigheidsverwagting en die rol wat geloof daarin speel, word ondersteun wanneer 2 Korintiërs 2:15–16 en 1 Johannes 5:13 saam gelees word.
Hierdie tema vloei nie logies vanuit Hebreërs 10:38–39 voort nie. Indien ’n mens egter in ag neem dat die verse wat hierop volg oor die geloof handel, asook oor geloof se samehang met kennis (wete), en voorts dat die inhoud van die wete (kennis) God as oorsprong het, volg dit dat ’n mens tog ook oor die oorsprong van die geloof moet besin, want dit is die wyse waardeur ons tot kennis of wete kom.
Die volgende Skrifgedeeltes wat in
Geloof as gawe van God.
Teksverwysing | Griekse teks | 1933/1953-Afrikaanse Vertaling |
---|---|---|
1 Korintiërs 12:7–9 | 7 ἑκάστῳ δὲ δίδοται ἡ φανέρωσις τοῦ πνεύματος πρὸς τὸ συμφέρον. 8 ᾧ μὲν γὰρ διὰ τοῦ πνεύματος δίδοται λόγος σοφίας, ἄλλῳ δὲ λόγος γνώσεως κατὰ τὸ αὐτὸ πνεῦμα, 9 ἑτέρῳ πίστις ἐν τῷ αὐτῷ πνεύματι, ἄλλῳ δὲ χαρίσματα ἰαμάτων ἐν τῷ ἑνὶ πνεύματι … | 7Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 8Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 9aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees … |
Efesiërs 2:8 | Τῇ γὰρ χάριτί ἐστε σεσῳσμένοι διὰ πίστεως• καὶ τοῦτο οὐκ ἐξ ὑμῶν, θεοῦ τὸ δῶρον• | Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God … |
Die geloof wat tot regverdiging en gevolglik tot die lewe lei, kan nie aan die mens self toegeskryf word, asof dit ’n prestasie van die mens op sigself is nie. Geloof is ’n gawe van God (vgl. 1 Kor 12:7–9 en Ef 2:8). Regverdiging wat vanuit die geloof voortvloei, is ook ’n gawe van God. Die (tot dusver) onsienbare ewigheid, wat vanuit die regverdiging voortvloei, is daarom ook ’n gawe van God. Die onsienbare ewigheid kan dus nie anders nie as om deur God se beskikkingsmag alleen deur die geloof gesien te word nie. Die wete van die onsienbare dinge is dus onteenseglik aan die geloof gekoppel.
Van der Walt (
By die ontvangs van die Hebreërboek het die gemeente uit ’n groot aantal huiskerke bestaan. Die sosiale en ekonomiese gegewens van daardie tyd bevestig dit dat die grootste gedeelte van die Christene van lae sosiale stand was. Die godsdienstige en politieke omstandighede het nie gehelp om hulle omstandighede te verbeter nie.
Die geadresseerdes ontvang die aanmoediging om in die geloof te volhard. Die geloof in Hebreërs is op die toekoms gerig en vir die eerste lesers het dit ’n volhardende lewensingesteldheid behels met die oog op die glorieryke hemelse toekoms wat wag. Die kennis wat dit meebring, kyk verby die dood wat heersend en dreigend is; elke gelowige kan op grond van hierdie geloofskennis volhard, nie meer uit vrees nie, maar vry in die wete dat ’n heerlike toekoms wag.
Midde-in die vervolging was die gelowiges ook aan die invloed van vreemde lerings onderworpe, waaronder Filo se platoniese dualisme asook Gnostisisme. Elkeen van hierdie lerings was in ’n mindere of meerdere mate ’n bedreiging vir ’n korrekte mens- en samelewingbeskouing. Die Hebreërboek verkondig teenoor hierdie dwalings die suiwere evangelie. Geloof is naamlik op die lewende God gerig wat Hom deur sy Seun openbaar het. Redding geskied alleenlik deur geloof hierin. Kennis alleen is nie die bepalende faktor vir redding nie, maar kennis van die onsienlike dinge is alleen moontlik deur die geloof en dit versterk ook die geloof. Kragtens die beloftewoord van God in die verlede, sal Christus in die toekoms weer kom om diegene wat dieselfde geloof deel, op te neem om aan die ewige heerlikheid deel te hê.
Die skrywer van Hebreërs sien die liggaam wel as ’n potensiële bron van gevaar, maar nie as ’n gevangenis van die siel nie. In die Hebreërboek is daar nêrens enige verwysing na die liggaam as die vyand van rasionele denke soos die geval by Filo is nie (Williamson
Die objek van Filo se geloof is nie die God van die Bybel nie, maar die god van die filosowe (m.a.w. die filosofiese persepsie van ’n godheid soos by Plato en Aristoteles). As korrektief hierteen beskryf Hebreërs 10:38–11:3 geloof as geloof in dieselfde God wat Homself in die loop van baie eeue openbaar het en wat gelowiges uit die Skrif ken. Williamson (
Hebreërs bied ’n korrektief op die eskatologiese dimensie van Filo. Die meeste wat van die Filoniese eskatologie gesê kan word, is dat dit op twee skeibare wêrelde fokus – die een fisies en die ander geestelik. Hierteenoor is die eskatologiese fokus van Hebreërs op twee aeone gerig, met ander woorde die vooruitskouing op ’n toekomstige bedeling wat tot sy volheid sal kom na afloop van die eerste. In hierdie opsig vertoon Hebreërs trekke van die Joodse eskatologie, maar dan Christologies ingeklee.
Williamson (
Die klem in die Gnostiek val tot ’n baie groot mate op kennis (Nock
[
Die klem op kennis en die moontlikheid van die verkryging daarvan het die navolgers van die Gnostiese beweging ’n intellektuele hoogmoed besorg (vgl. Pagels
Die aanloklikheid van die Gnostiese leer kon vir die eerste lesers van Hebreërs op die vlak van gevangenskap in hierdie wêreld gelê het asook die moontlikheid om deur die inperkings van die gevangenskap te breek op reis na die hemelse tuiste – veral gemeet aan hulle inperkings en ekonomiese status as uitgeworpenes in Rome. Met betrekking tot hierdie artikel is dit daarom te verstane dat die outeur van Hebreërs in die besonder die aandag op geloof vestig om daarmee die kennisaspek in perspektief te stel. In die Gnostisisme is kennis die bepalende faktor tot verlossing uit hierdie wêreld om daardeur die voleinding te bereik. Geloof word tot ’n funksie van kennis gedegradeer.
In teenstelling met die Gnostiese leer stel Hebreërs dat redding nie van kennis afhanklik is nie, maar van geloof in die hoëpriesterlike offer van Christus (vgl. Heb 10). Käsemann (
Die eerste lesers van Hebreërs het in ’n wêreld geleef waarin die Filoniese denke en invloede van die Gnostisisme ’n bepaalde invloed op die mensbeskouing van die Hebreërs gehad het. Dit het voorts ’n bepaalde siening ten opsigte van die samelewing en religieuse vertrekpunte gevorm. Die moontlikheid bestaan daarom dat die verband tussen die gedagtes in Hebreërs en die gedagtes in die histories-kontemporêre stromings van die Joodse Hellenisme verklaar kan word asof Hebreërs as ’n korrektief op laasgenoemde dien, juis om die uniekheid van ’n Christelike perspektief op geloof en kennis te benadruk.
In hierdie artikel is aangetoon hoedat Hebreërs ’n korrektief op invloede bied wat die unieke karakter van die Christelike geloofskennis verdring en ongedaan wil maak. Filo se geloofsbeskouings spruit voort uit ’n dualistiese wêreldbeskouing met platoniese ondertone. By Filo word geloof die beste verstaan met betrekking tot ’n platoniese ruimtelike skema. Die invloed van die Gnostiek het die geloof geheel en al negeer. Kennis was die spil waarom die lewe van die mens gedraai het.
Midde-in ’n tyd van vervolging en ’n wêreld van idees, filosofieë en godsdienste, verkondig Hebreërs die uniekheid van die Christelike geloof, en die bevrydende kennis wat dit teweegbring, naamlik dat geloof op God gerig is. Dit is dus (contra Filo) op die lewende God gerig wat eenmaal in die verlede deur sy Seun gespreek het. Daardeur is nuwe beloftes gegee wat eendag in die toekoms in vervulling sal gaan. Kennis van hierdie onsienlike toekoms is nou reeds deur die geloof sienbaar. Hierdie God wat Homself (contra die Jodedom) genadiglik deur sy Seun geopenbaar het, is (contra die Gnostiek) dieselfde God wat die hemel en die aarde gemaak het. Hy sal (contra Filo) weer kom om diegene wat hierdie dinge glo in heerlikheid op te neem – nie (contra die Gnostiek) op grond van versamelde kennis nie, maar op grond van die hoëpriesterlike offer van Jesus Christus en die mens se geloof daarin.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.